Kommentaar

ICS is deskundiges in die voorsiening van kommentaar en uitsaaiprogramme, veral oor sportsgebeure.

Ons kan dit onafhanklik doen as ateljee-kommentaar, waar ons omroepers visuele gebruik as ‘n bron van informasie om ‘n oorspronklike audio uitset te verskaf. Ons kan ook saamwerk met regtehouers om amptelike toevoere te versend en te kommersialiseer.

Vir beroepswedders is kommentaar belangerik om die weddenskapservaring te verbeter en om verdere spelweddenskappe aan te moedig, terwyl dit ook gewilde telefoondienste en radio toep of toepassing (in Engels ‘n ‘app’ of ‘application’) help skep.

Ons lewer onafhanklike kommentaar op alle wedstryde in the Engelse Premier Liga, Kampioenskap Liga en ander Europese voetballigas, sowel as op al die groot internationale sokkertoernooie. Ons is ook die amptelike verspreiders van VK perdewedren-kommentaar, wat ons in enige voorgeskrewe taal kan lewer as gevolg van ons venootskap met GBI, en ons lewer ook kommentaar op alle belangrike sportsgebeure soos die Rugby-Wêreldbeker en die Ashes Kriekettoernooi.

Ons kan ook minuut-by-minuut tekskommentaar lewer wat beide leersaam en vermaaklik is as gevolg van die vloeiende en innemende styl. Met ‘n gemiddelde 60 opdaterings per wedstryd, word alle sleutelgebeure soos doele, rooi kaarte, geel kaarte en vervangings ingesluit. Ons beklemtoon ook al die wedstryde se hoogtepunte insluitende taktiek, vorm, tye van goeie en slegte spel, en al die vernaamste skeidsregterbesluite.

Intussen bring ons boeiende radioprogram Football Live, elke Saterdag- en Sondagmiddag die nuutste regstreekse tellings, wedstryd voorskoue en berigte van al die groot Europese ligas.